Cran gryp in om digitale generasie-gaping te oorbrugMarch 25, 2025
Volgens die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië, Cran, is ouer Namibiërs afgeskeep in inisiatiewe vir digitale geletterdheid, wat dikwels op jonger geslagte gerig is. Seniors is egter gereeld die teiken van aanlynbedrogskemas. Om hierdie digitale generasie-gaping te oorbrug, het Cran ‘n verskeidenheid inisiatiewe begin. Ella-Betty Chapoto, Cran se verbruikersverhoudinge- en voorspraakpraktisyn, verduidelik meer.