Blou en wit spiraal in lug bo Frankryk, Brittanje was glo SpaceX-vuurpylMarch 25, 2025
‘n Blou en wit spiraal in die lug bokant Frankryk en Brittanje is waarskynlik deur ‘n SpaceX-vuurpyl veroorsaak. Dit is volgens weervoorspellers in albei lande. Brittanje se meteorologiese kantoor sê hy het gisteraand baie berigte ontvang van ‘n “verligte draaikolk” in die Britse hemelruim, wat waarskynlik veroorsaak is deur ‘n Falcon 9-vuurpyl wat vroeër van Kaap Canaveral in Florida gelanseer is. Volgens SpaceX, was dit ‘n suksesvolle geklassifiseerde sending vir die Amerikaanse Nasionale Verkenningskantoor.