NamPol ondersoek saak van babastortingMarch 24, 2025

’n Meisie van 17 is onder polisiebewaking by die Onandjokwe-staatshospitaal terwyl die polisie ondersoek instel na ‘n moontlike geval van babastorting. Volgens die polisie se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het die voorval Vrydag in die vroeë oggendure naby Ondangwa plaasgevind toe die tiener geboorte geskenk het aan ‘n baba en die liggaam versteek het. Haar familielede het agterdogtig geraak nadat hulle bloedkolle in die huis opgemerk het toe hulle die oggend wakker geword het. By ondervraging het die verdagte erken dat sy ‘n miskraam gehad het. Volgens Shikwambi was die tiener se familie glo onbewus van haar swangerskap en het sy geen voorgeboortesorg ontvang nie. ‘n Lykskouing sal gedoen word om te bepaal hoe die baba dood is.