Lawson kan dalk by Red Bull vervang wordMarch 24, 2025

Motorsport: Red Bull se spanhoof, Christian Horner, het nie bespiegeling weerspreek dat Liam Lawson vervang kan word na slegs twee Formule Een-wedrenne dié seisoen nie. Die 23-jarige Nieu-Seelander het nie beïndruk in die eerste Grand Prix in Melbourne, Australië, of die afgelope naweek s’n in Sjanghai, China, nie. Hy is in albei wedrenne in die eerste kwalifiserings-rondes uitgeskakel terwyl sy spanmaat Max Verstappen, die verdedigende wêreldkampioen, relatief goed presteer het. Gerugte lui dat die plaaslike renjaer Yuki Tsunoda by Lawson sal oorneem vir die derde wedren in Japan.