Kon regering nie sien dit gaan op 21 Maart reën nie?March 24, 2025

Die regering moes voorsiening gemaak het vir die moontlikheid dat die reën Vrydag Namibië se 35ste onafhanklikheidsvieringe by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek kon ontwrig het, sê die LPM. Talle tenders was reeds uitgesit vir meubels, kos vir die publiek, tente en meer… maar, die verrigtinge moes inderhaas na Staatshuis verskuif word. LPM-woordvoerder Lifalaza Simaata sê die regering moes na weerwaarskuwings geluister het, beter beplan het en nie belastinggeld verkwis het nie.