Jongste oor Okahandja se droë kraneMarch 24, 2025

Okahandja se plaaslike owerhede werk hard om watertoevoer aan die dorp te herstel. Die hoof toevoerpyp, wat deur die rivier loop, is Vrydagaand reeds weggespoel en tegniese spanne moes wag vir die water om af te loop voor dit herstel kon word. Teen Sondagaand was daar hoop vir ‘n herstel en sommige dele van die dorp het weer water gehad. Toe is nog ‘n breuk in die pyp gevind. Intussen is watertenks ontplooi. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Ratepayers Association, Orpa, gepraat.