Drie Namibiese films op Africa Magic Viewers’ Choice Awards se lysMarch 24, 2025
Drie Namibiese films, naamlik Lukas deur Dr. Philippe Talavera, Walvis Tale deur Tim Hübschle, en Skeleton Coast deur Mondjila Studios, is genomineer vir die gesogte Africa Magic Viewers’ Choice Awards 2025 in Nigerië. Die jaarlikse toekennings, aangebied deur MultiChoice, vier uitstekende prestasies in televisie en film van regoor die kontinent. Vanjaar se prysuitdeling vind op 10 Mei plaas. Aanhangers kan tot 4 Mei vir hul keuses stem op die Africa Magic-webwerf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Philippe Talavera.