Brisbane herstruktureer planne vir 2032 SpeleMarch 24, 2025

Olimpiese Spele: Die Australiese stad Brisbane het die herstrukturering van sy planne vir die aanbied van 2032 se Spele aangekondig en gesê dit sal jare van chaos en krisis beëindig. Die nuwe plan sluit die bou van n stadion met 60 000 sitplekke in. Queensland se premier, David Crisafulli, sê hulle glo hulle het ‘n plan om die skouspel weer op koers te kry. Hy sê hy het die plan met eerste minister, Anthony Albanese, bespreek, terwyl die federale regering alreeds ingestem het om vir baie van die infrastruktuur te betaal.