Bok Deon Fourie beseer, sal Stormers teen Ulster misloopMarch 24, 2025
Rugby: Veelsydige Springbok-voorspeler Deon Fourie sal hierdie naweek se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Ulster in Belfast, Noord-Ierland, misloop. Hy is beseer in die Stormers se oorwinning van 29-17 Saterdag teen die Scarlets in Wallis. Die Kaapse span het met dié oorwinning van die 12de na die agste plek op die punteleer geskuif. Nog ‘n oorwinning kan hulle onder die topspanne in die kompetisie plaas. Die Bulle is tans derde en die Haaie vierde met die Leeus wat na hulle nederlaag teen Cardiff dertiende op die punteleer is.