Afrika-dames vaar goed by Oceania Motocross-bekerMarch 24, 2025

Die 19-jarige Zoë Waldschmidt van Windhoek het saam met haar ander Afrika-spanmaats haar goed van haar taak gekwyt by die Oceania Motocross-beker in Australië wat oor die naweek plaasgevind het. Die span van vyf het teen Australië, Nieu-Seeland en die VSA meegeding en dit was die eerste keer dat Afrika by die geleentheid ingesluit is. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.