Vlieënier sterf by Weskus-lugskouMarch 23, 2025
‘n Vlieënier is dood toe sy vliegtuig Saterdagmiddag tydens die Weskus-lugskou in Saldanhabaai neergestort het. Oogtuies het gesien hoe die Impala Mk1, met James O’Connell aan die stuur, opgestyg en getol het, voor dit neergestort en in vlamme uitgebars het. Noodspanne was binne minute op die toneel, maar die wrak was in ligte laaie. O’Connell, wat ‘n ervare toetsvlieënier was, is op slag dood. Die weersomstandighede het vroeër Saterdag kommer gewek. Ondersoeke deur lugvaartowerhede en die polisie duur voort.