Tennis: Alcaraz in nederlaag in Miami OpeMarch 23, 2025
Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz erken hy het swak gespeel toe hy uitgeskakel is in die tweede ronde van die Miami Ope in Amerika. Die Spanjaard het verloor teen die 55ste op die wêreldranglys, David Goffin, nadat hy verlede week die halfeindstryd van die Indian Wells-meesterstoernooi gehaal het. Die 21-jarige Alcaraz het 42 ongedwonge foute gemaak om die oorwinning te besorg aan die Belg, wat twaalf jaar ouer as hy is. Goffin het die eerste speler buite die top-30 geword wat die viermalige Grand Slam-kampioen kon klop.