Pous uit hospitaal ontslaanMarch 23, 2025
Pous Franciskus word vandag uit die Gemelli-hospitaal in Rome ontslaan waar hy vir vyf weke vir dubbele longontsteking behandel is. Hy sal egter vir minstens twee maande by die Vatikaan moet rus, sê sy dokters. Die pous moet onder mmeer weer leer praat ná die langdurige gebruik van hoëvloei suurstofterapie. Hy sal vandag die seën vanuit sy hospitaalvenster uitspreek voor hy na sy tuiste by die Vatikaan vertrek.