Motorsport: F1-span Williams kwaai beboetMarch 23, 2025

Die Formule Een-span Williams is met 985 000 rand beboet vir die verbreking van die sport se reëls oor kameras aan motors by die Chinese Grand Prix in Sjanghai. Baanbeamptes sê die span het nie beeldmateriaal van die voorwaartse en agterste draadlose kameras verskaf binne die vereiste tydsbestek nie. Hulle sê Williams het nie nagegaan of die kameras wel beveiligde digitale kaarte gehad het nie, en het nie die afwesigheid aangemeld by die tegniese afgevaardigde nie. Williams het die probleem toegeskryf aan wankommunikasie.