Dodelike skietgeveg in PretoriaMarch 23, 2025
Die polisie in Soshanguve, Pretoria, ondersoek ‘n dodelike skietvoorval in die Marry Me-informele nedersetting. Beamptes het afgekom op vier liggame met skietwonde wat deels verbrand is. Agt gewonde slagoffers is in die hospitaal opgeneem. Die tragedie het omstreeks drie-uur vanoggend gebeur toe gemeenskapspatrolleerders vyf mense voorgekeer het, wat gelei het tot ‘n gewelddadige botsing. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die motief is nog onbekend.