Bulle klop Leinster net-netMarch 23, 2025

Die Bulle het die voorste span op die punteleer, Leinster, hulle eerste nederlaag van die seisoen toegedien in ‘n spannende Verenigde Rugykampioenskapwedstryd op Loftus. Hulle het die besoekers naelskraap 21-20 geklop. Die Bulle se punte was danksy ‘n drie deur Johan Grobbelaar, met twee strafskoppe deur Keagan Johannes en ‘n strafskop op die nippertjie deur David Kriel. En in Durban het die Haaie ook Zebre van Italië net-net 35 -34 ondergekry. Die Stormers, wat sewende op die punteleer is, het 29-17 teen die Walliese span Scarlets op hulle tuisveld gewen.