Afrikaans weer welkom by Noord-Kaapse polisieMarch 23, 2025

AfriForum verwelkom die terugtrekking van ‘n Noord-Kaapse polisie-opdrag wat vereis dat amptelike dokumente slegs in Engels mag wees. Die opdrag is uitgereik deur die adjunk-provinsiale kommissaris, Luntu Ngubelanga, maar het hewige teenkanting van AfriForum, Solidariteit en die Kaapse Forum ontvang. Klagtes aan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en regstappe is oorweeg. Alana Bailey van AfriForum noem dit ‘n oorwinning vir taalregte.