Voëlgriep-ramp dreig in SAMarch 22, 2025
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings waarsku Suid-Afrika staan op die rand van ‘n voëlgriep-ramp weens die regering se gebrek aan optrede. Senior inspekteur Nazareth Appalsamy sê nog ‘n uitbreking kan die pluimveebedryf verwoes en wilde voëls bedreig. Hy vra die minister van landbou, John Steenhuisen, om die inentingsbeleid te hersien. Appalsamy beklemtoon sonder dringende ingryping is ‘n uitbreking onvermydelik, met rampspoedige gevolge vir die ekonomie en diere-welstand.