Trump blok Biden, HarrisMarch 22, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die sekerheidsklaring herroep van sy voorganger Joe Biden, die voormalige visepresident, Kamala Harris, en verskeie voormalige amptenare, onder wie oud-ministers Hillary Clinton en Antony Blinken. Die uitvoerende bevel teiken politieke teenstanders wat gewoonlik hulle klaring as ‘n teken van welwillenheid behou. Trump, wat steeds beweer 2020 se verkiesing is gesteel, het agentskappe opdrag gegee om toegang te versper tot geklassifiseerde materiaal en regeringsgeriewe. Kritici beskou dit as politieke weerwraak, terwyl Trump dit verdedig as ‘n nasionale sekerheidstap.