Reuse-dwelmvonds op OR TamboMarch 22, 2025

Twee vermeende dwelmsmouse is op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng aangekeer nadat hulle uit São Paulo in Brasilië geland het. ‘n Vier-en-twintigjarige Brasiliaanse man en ‘n 51-jarige Suid-Afrikaanse vrou is voorgekeer met kokaïne van 1,2 miljoen rand. Deel daarvan is as kapsules ingesluk. Polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê daar is ook in ‘n afsonderlike besending beslag gelê op heroïen van 200 000 rand: