Neusie verby vir MasilingiMarch 22, 2025
Namibië se naelloper Beatrice Masilingi moes weens ‘n besering onttrek aan die Binnenshuise Atletiekwêreldkampioenskap vandag in Nanjing, China. Sy sou saam 55 vrouenaellopers by die Olimpiese Jeugsportpark in die uitdunrondes vir die 60 meter aantree. Masilingi het geval en haar skouer beseer terwyl sy haar wegspring geoefen het. Volgens die Masilingi-span is dit ‘n “hartverskeurende oomblik” vir haar. Dit sou die eerste keer in Masilingi se loopbaan wees om aan ‘n Binnenshuise Atletiekwêreldkampioenskap deel te neem.