Namibië wag in spanning op kabinetMarch 22, 2025

Namibië se nuwe kabinet sal na verwagting vandag aangekondig word. Dit volg ná die inswering van president Netumbo Nandi-Ndaitwah Vrydag op die land se 35ste viering van onafhanklikwording. Weens swaar reën die week moes die vieringe en inhuldigingseremonie by Onafhanklikheidstadion afgestel word en het dit by Staatshuis geskied. Sowat 30 000 kospakkies wat vir die vieringe by Onafhanklikheidstadion voorberei is, is later Vrydag in Windhoek uitgedeel.