Krieket: Dertienjarige kan geskiedenis maakMarch 22, 2025
Die 13-jarige Vaibhav Suryavanshi sal geskiedenis maak as die jongste speler in die Indiese Premierliga as Rajasthan Royals besluit om hom speelkans te gee in vanjaar se toernooi. Rajasthan begin sy veldtog môre teen Sunrisers Hyderabad. Die span het die kolwer vir 2,37 miljoen rand gekoop. Kaptein Sanju Samson sê die tiener het dié week baie selfversekerd gelyk tydens oefening en sesse oor die pawiljoene gemoker. Kolf-afrigter Vikram Rathour het egter vroeër gesê hulle het nog nie besluit of hulle hom op dié jong ouderdom aan die internasionale spel gaan blootstel nie.