BoN sal moet besin oor rentekoersMarch 22, 2025

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandeesweek die land se repo-koers op 7,5 persent gehou, wat die eerste pouse was ná drie opeenvolgende verlagings. Die Bank van Namibië (BoN) het die plaaslike repokoers op 12 Februarie tot 6,75 persent verlaag, onder meer om die ekonomie te ondersteun. Die volgende vergadering om die repo-tarief te bepaal, is geskeduleer vir 16 April. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Salomo Hei, die besturende direkteur van High Economic Intelligence, wat sy voorspelling gee.