Verkiesingswet moet hersien word: regskonsultantMarch 21, 2025

Met die nuwe Swapo -administrasie wat die naweek aan bewind kom, het die IPC en LPM se regsuitdaging van aspekte van die verkiesings weer na vore gekom. ‘n Volbank regters van die Hooggeregshof het beslis dat president Nangolo Mbumba nie in stryd met die Grondwet opgetree het toe hy stemmery in sekere distrikte verleng het nie. Ander kwessies soos te min stembriewe en kieslokale wat laat oopgemaak en vroeg toegemaak het, was nie deel van die hofsaak nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die regskonsultant Dianne Hubbard wat die saak opgesom het, en gesê het die Verkiesingswet behoort hersien te word voor die volgende verkiesings.