Verbypad by ingevalle B1-brug dalk 9vm gereedMarch 21, 2025
Die jongste inligting vanaf die toneel by die brug op die B1-pad wat meegegee het, is dat die kontrakteurs hard werk om ‘n verbypad teen 9-uur reg te hê vir verkeer. Die tyd is egter nog nie amptelik bevestig nie en ons sal die situasie opdateer sodra dit bekend is. Volgens sosiale media-plasings is mense besig om te voet deur die rivier te gaan om geleenthede na hul bestemmings in Windhoek en Rehoboth te kry.