Soedanese leër herower presidensiële paleisMarch 21, 2025
Die Soedanese leër het vanoggend volle beheer oor die presidensiële paleis in Khartoum oorgeneem, in een van die belangrikste vooruitgange in die tweejarige konflik teen die paramilitêre Rapid Support Forces, RSF. Volgens Reuters is die leër besig met soekoperasies na lede van die groep in gebiede rondom die paleis. Die RSF, wat vroeër vanjaar ‘n parallelle regering begin het, beheer steeds dele van Khartoum en die naburige Omdurman, sowel as Wes-Soedan, waar hy veg om die leër se laaste vesting, al-Fashir, oor te neem. Albei kante het belowe om aan te hou veg vir die res van die land.