Onder-20 rugbyspan durf Blou Bulle aanMarch 21, 2025
Namibië se nasionale Onder-20 rugbyspan kom vanmiddag by die Centurion Rugby Klub teen die gedugte Blou Bul Onder-20 presidentspan te staan. Die wedstryd vorm deel van die proewe vir die Barthes-beker. Die Namibiërs het in hul laaste wedstryd die week, ook in Barthes-beker proewe, ‘n dominante 52-0 oorwinning oor Limpopo IRI behaal. Die Barthes-beker is die enigste junior toernooi in Afrika. Afskop is 3-uur.