Namibië moet hande vat, sê NNN op geskiedkundige insweringMarch 21, 2025
Die presidente van Mosambiek, Angola, die DRK, Suid-Afrika, Zambië, Botswana, Saharawi-republiek, Kenia, Tanzanië, sowel as die adjunk-presidente van Malawi, Ghana en Uganda saam met verskeie voormalige presidente en ander hooggeplaastes, het die inhuldiging van president Netumbo Nandi-Ndaitwah bygewoon. Sy die deur die hoofregter, Peter Shivute by Staatshuis ingesweer. Nandi-Ndaitwah is die 11de vroulike president in Afrika en Namibië se vyfde. Die uittredende president Nangolo Mbumba het hulde aan haar baanbreker oomblik gebring.
Mbumba het die land bedank en sê dit is ‘n nuwe baken van hoop. Hy het spottender verwys na generaal Epraphas Ndaitwah en sê hy sal die generaalstitel moet laat vaar vir die een van presidentsman. Die president van Tanzanië Samia Sululu Hassan het ook hulde gebring.
En Namibië se vyfde president se boodskap was dat almal hande moet vat.