Minder padongelukke in SA in eerste deel van jaarMarch 21, 2025
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy het ‘n vermindering in padongelukke vir die eerste twee maande van die jaar aangekondig. Daar was ‘n tien-persent vermindering in Januarie en 25-persent in Februarie in vergelyking met verlede jaar. Daar was meer as 3 000 dronkbestuur-arrestasies, 12 000 onwettige voertuie is geskut, en 21 282 spoedoortredings is aangeteken. Die hoogste aantal voetgangersterftes was in Gauteng, Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. By die bekendstelling van die Paasnaweek Padveiligheidsveldtog het Creecy gesê dat bestuurder- en voetgangergedrag verantwoordelik is vir 87-persent van padongelukke en sterftes.