Indië kry N$122-miljoen bonus vir Kampioenetrofee-oorwinningMarch 21, 2025

Krieket: Indië se mansspan het ‘n kontantbonus van 122-miljoen Namibiese dollar ontvang omdat hulle die Kampioenetrofee gewen het wat deur Pakistan aangebied is. Die is driekeer meer as die prysgeld vir die eendag-toernooi. Indië se beheerliggam, die BCCI, wat as die rykste krieketraad in die wêreld beskou word, sê die oorwinning kort nadat hulle die T20-Wêreldbekertoernooi gewen het, is iets besonders en die finansiële beloning erken Indië se toewyding en uitmuntendheid op die wêreldtoneel. Die bedrag word verdeel tussen die spelers, die ondersteuningspersoneel en die keurders.