Heathrow lughawe gesluit weens substasie-brandMarch 21, 2025

Die Heathrow lughawe, die grootste in die Verenigde Koninkryk, is tot middernag gesluit weens ‘n groot vuur by ‘n nabygeleë elektriese substasie wat sy krag lewer. ‘n Woordvoerder van Heathrow sê passasiers moet onder geen omstandighede na die lughawe reis voordat dit heropen nie. Die brand by die substasie in Hayes in Wes -Londen, het duisende huise sonder krag gelaat en sowat 150 mense is ontruim uit omliggende eiendomme. Heathrow hanteer elke dag ongeveer 1 300 landings en vertrekke. ‘n Rekord van 83,9 miljoen passasiers het verlede jaar deur sy terminale gegaan.