Groot riviere hou aan stygMarch 21, 2025
Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo styg steeds vinnig en het met 12 sentimeter gestyg vanaf gister, en het ‘n watervlak van 4,14 meter vanoggend gemeet. Dit is veel hoër as die 1,44 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Die Okavango by Rundu het effe gesak vanaf 5,79 meter tot 5,75 meter, maar dis steeds hoër as die 5,35 meter wat verlede4 jaar gemeet is. Die Kunene by Ruacana vloei ook sterk teen 341,2 kubieke meter per sekonde, en die Benede Oranje het by Blouputs 1,27 meter gemeet.