Voertuigverkope vertoon goed vir FebruarieMarch 20, 2025
Namibië se nuwe voertuigverkope het in Februarie met 15,6 persent teenoor Januarie gestyg en m 117 eenhede is verkoop. Volgens IJG Securities het verkope op ‘n jaargrondslag met 1,7 persent gestyg, terwyl jaar-tot-datum syfers met 3,8 persent op is, die hoogste vir die eerste twee maande van die jaar sedert 2016. Kommersiële voertuie het Februarie se verkope oorheers, op 606 eenhede, terwyl 511 passasiersvoertuie verkoop is. IJG sê die groei van 1,8 persent op ‘n jaargrondslag in 12-maande se kumulatiewe verkope van nuwe voertuie tot 12 885 dui op ‘n marginale opwaartse neiging, wat waarskynlik verder ondersteun sal word deur die huidige lae-rentekoers-omgewing.