RA sê oor brug wat suid van Windhoek op B1 ingeeMarch 20, 2025
Die B1-roete is tans gesluit net suid van die Aris-weegbrug. Die brug net na die weegbrug het ingegee. Die Paaie-owerheid is bewus van die probleem en het reeds spanne ontplooi. Die owerheid se uitvoerende hoof Conrad Lutombi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Dit is onbekend hoe lank herstel van die roete sal duur. Voertuie word op die oomblik by Rehoboth en die padblokkade net suid van die hoofstad gekeer. Daar is reeds ‘n lang ry voertuie wat wag. Daar sal ‘n wesenlike impak wees vir vervoer vanaf die suide van die land na die hoofstad, veral met onafhanklikheidsvieringe die naweek.