Nog drie m-pok-gevalle in SA aangemeldMarch 20, 2025
Die Departement van Gesondheid moedig die publiek aan om uiters versigtig te wees vir m-pokke-simptome nadat nog drie laboratoriumbevestigde gevalle aangemeld is in Ekurhuleni, Gauteng. Die nuwe positiewe gevalle is twee manlik en ‘n vroulik, onder wie ‘n 14-jarige. Die woordvoerder van die department, Foster Mohale, sê die pasiënte is tans in selfafsondering en kry die toepaslike behandeling. Hy voeg by daar is uitbrekingreaksiespanne in Gauteng vir kontakopsporing en die ondersoek van gevalle: