Ngurare vervang dalk vir Kuugongelwa-AmadhilaMarch 20, 2025

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig vanoggend dat oud-Swapo jeugliga sekretaris dr. Elijah Ngurare moontlik as eerste minister onder Netumbo Nandi-Ndaitwah aangestel sal word, met Saara Kuugongelwa-Amadhila wat die speaker posisie in die parlement sal oorneem. Daar word ook berig dat Nandi-Ndaitwah nie adjunkministers wil aanstel nie en eerder adviseurs wil benut. Onder die name is die huidige verdedigingsminister Frans Kapofi, en energieminister Tom Alweendo. Die bekende sakeman dr. Leake Hangala sal blykbaar ook in haar administrasie dien. Formele aankondigings word môre verwag.