Madrid gaan net 2 uur skermtyd in laerskole toelaatMarch 20, 2025
Die streeksregering van Madrid in Spanje het planne onthul om die gebruik van rekenaars en tablette in laerskole tot ‘n maksimum van twee uur per week te beperk. Dit is in ‘n poging om “die risiko’s verbonde aan die vroeë, intensiewe en onvanpaste gebruik van inligtingstegnologie” aan te pak. Onder die voorstelle, wat in September uitgevaardig sal word, sal onderwysers ook verbied word om huiswerk et gee wat skermgebruik behels. Dit sal verbode wees vir babas en kleuters van geboorte tot drie jaar oud om skerms te gebruik, terwyl leerlinge van drie tot ses jaar oud een uur van rekenaartyd per week mag kry.