M23 ruk verder op, ‘n dag na vredesamesprekingsMarch 20, 2025
Rwanda-gesteunde M23-rebelle het verder opgeruk ‘n dag nadat die presidente van die Demokratiese Republiek van die Kongo en Rwanda ‘n onmiddellike wapenstilstand gevra het. Die rebelle het die buitewyke van die stad Walikale laat Woensdag binnegegaan. ‘n Weermagbron wat annoniem wou bly sê die rebelle het ‘n leërposisie buite die stad in ‘n verrassingsaanval oorrompel. Walikale, in ‘n gebied wat ryk is aan minerale insluitend tin, is die verste wes wat die rebelle hierdie jaar tydens sy ongekende vooruitgang bereik het.