M23-rebelle neem mynboustad in DRK oorMarch 20, 2025
Die Rwandees-gesteunde M23-rebellegroep het beheer oorgeneem van die mynbou-spilpunt Walikale in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die oorname van die dorp met sowat 60-duisend inwoners is die verste punt wat die groep in die binneland van die DRK gevorder het sedert dit in 2012 ontstaan het. Die mynmaatskappy Alphamin het vroeër die maand sy werknemers ontruim en bedrywighede by die Bisie-myn in die Walikale-distrik van Noord-Kivu- provinsie gestaak. Die myn is die wêreld se derde grootste kasiteriet-houdende myn en die streek het ook ‘n aantal goudmyne.