Lund loop voor by Platinum Vroue Ope March 20, 2025

Karoline Lund van Noorweë loop voor by die Platinum Vroue Ope nadat sy sewe onder baansyfer 64 in die aanvangsronde by die Blair Atholl Gholf- en Perdelandgoed in Gauteng aangeteken het. Die 26-jarige Lund is een hou voor Nikki Hofstede van Nederland en Hayley Davis van Engeland. Die Suid-Afrikaners Casandra Alexander en Tandi McCallum is twee houe agter die voorloper op vyf onder baansyfer. Die prysgeld is met nog 200 000 Suid-Afrikaanse rand tot 1,2 miljoen verhoog. Lund sê haar strategie is om voort te gaan met aggressiewe spel: