Kuugongelwa-Amadhila neem oor as nuwe NV-speakerMarch 20, 2025

Saara Kuugongelwa-Amadhila is die nuwe speaker in die Nasionale Vergadering. Daar was twee nominasies vir speaker van die Nasionale Vergadering, Kuugongelwa-Amadhila, deur Swapo sekretraris-generaal Sophia Shaningwa genomineer, en Bernadus Swartbooi, wat deur IPC verteenwoordiger Imms Nashinge genomineer is. Kuugongelwa-Amadhila het 55 stemme ontvang en Swartbooi, 40. Oud-speaker, professor Peter Katjavivi het die hamer oorhandig.