IOK kry vandag ‘n nuwe hoofMarch 20, 2025
Die lede van die Internasionale Olimpiese Komitee sal vandag vir die eerste keer sedert 2013 ‘n nuwe president in Griekeland verkies. Sewe kandidate ding mee om die magtigste posisie in die sportwêreld. Die president van Wêreldatletiek Sebastian Coe is een van die gunstelinge, saam het Juan Antonio Samaranch Junior en Kirsty Coventry, wat meeding om die eerste vroulike president van die IOK te wees. Thomas Bach sal tot Junie in die pos aanbly as deel van ‘n oordragproses aan sy opvolger.