Hoe gelukkig is Namibiërs? Nie so baie nie…March 20, 2025

In die 2024 World Happiness Report het Namibië die 106de plek uit 141 lande behaal met ‘n telling van 4,8.Dit plaas die land in die onderste helfte van die wêreldwye ranglys. In 2023 het Namibië ‘n geluksindeks van 4,6 en ‘n posisie van 105ste gehad, en in 2022 wat die 4,4 en ‘n posisie van 124ste gehad. Finland is boaan die lys met ‘n telling van 7,7, terwyl Afghanistan die laagste telling op 1,7 het. Die verslag oorweeg ses sleutelfaktore: maatskaplike ondersteuning, inkomste, gesondheid, vryheid, vrygewigheid en die afwesigheid van korrupsie.