China belê N$25 miljard in opknapping van Tanzanië-Zambië spoorlynMarch 20, 2025

Die China Civil Engineering Construction Corporation sal meer as 25-miljard-rand belê om die Tanzanië-Zambië-spoorlyn op te knap, nadat dit oorspronklik in die 1970’s, met China se hulp, gebou is. Die lyn is een-duisend-860 kilometer lank en is noodsaaklik vir die vervoer van koper vanaf Zambië na die belangrikste hawe in Tanzanië, maar het mettertyd agteruitgegaan. Daar word tans onderhandel om ‘n 30-jaar ooreenkoms te bereik. Die projek is die grootste herstelpoging sedert die spoorlyn gebou is, en volg ná ‘n ooreenkoms tussen China, Tanzanië en Zambië verlede jaar.