Bondi sê Tesla-aanvalle is terreurMarch 20, 2025

Die Amerikaanse prokureur-generaal, Pam Bondi, sê ‘n onlangse vlaag aanvalle op Tesla-eiendom wat behoort aan president Donald Trump se bondgenoot, Elon Musk, is soortgelyk aan binnelandse terrorisme. Sy het beloof oortreders sal swaar gestraf word. Bondi sê die Departement van Justisie het reeds van die oortreders aangekla, onder andere vir sake met ‘n verpligte vonnis van vyf-jaar. Bondi se verklaring volg ná die jongste voorval waarin vyf voertuie beskadig is in ‘n brand wat by ‘n Tesla-sentrum in Las Vegas gestig is.