ArcelorMittal bly onderhandel om aanlegte te beredderMarch 20, 2025

ArcelorMittal South Africa sê hy beraadslaag met rolspelers, insluitend die regering, oor fondse wat die beplande sluiting van sy langstaalbedrywighede kan uitstel. Die staalmaker het aangekondig hy gaan teen April vanjaar langstaalvervaardiging by sy meulens in Newcastle en Vereeniging sluit. Dit sal 3 500 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede raak. Die maatskappy se langstaal-bedryfsverlies het verdubbel van 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand in 2023 tot 1,1 miljard rand in 2024. ArcelorMittal sê sonder ʼn befondsingsooreenkoms is die uitstel van die langstaalonderneming se sluiting nie haalbaar nie.