WGO vra Trump om befondsing te heroorweegMarch 19, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Amerika gevra om sy befondsings-besnoeiing van wêreldgesondheidsprogramme te heroorweeg. Die WGO se hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, waarsku die besluit ontwrig reeds die belangrike gesondheidsdienste, veral wat malaria-, MIV- tuberkulose- en maselsprogramme betref. Hy sê dit kan jare se vooruitgang ongedaan maak en miljoene mense benadeel.  Ghebreyesus vra die VSA moet saamwerk met lande wat geraak word om oplossings te kry, en ander lande ook gevra om hulle steun vir wêreldgesondheid te verhoog.