Welkom terug aan Suni en Butch March 19, 2025

ʼn SpaceX-kapsule met die NASA-ruimtevaarders, Butch Wilmore en Suni Williams, en nog twee mense, het gister veilig aan die kus van Tallahassee, Florida, in die see neergeplons. Hulle was nege maande in die ruimte. Die twee ruimtevaarders sou aanvanklik net agt dae by die Internasionale Ruimtestasie vertoef, maar is in Junie verlede jaar daar vasgekeer nadat hulle Boeing Starliner-ruimtetuig ʼn probleem ontwikkel het. Die bestuurder van NASA se Kommersiële Bemanningsprogram Steve Stich, sê hulle is bly Wilmore en Williams is tuis: