Verlenging van boorgatregistrasie word verwelkomMarch 19, 2025

Die sperdatum vir registrasie van boorgate ingevolge die nuwe Waterwet is met agt maande verleng. Die oorspronklike afsnypunt was 28 Februarie vanjaar, maar verskeie uitdagings het dit onmoontlik gemaak, soos die afsterwe van stigterspresident Sam Nujoma wat ‘n ekstra openbare vakansiedag teweeggebring het. Inligtingsvergaderings oor die nuwe wet is ook vertraag. Reaksie is ontvang van die UDF-parlementslid Dudu Murorua, wat in die Kunene-streek boer, wat al vroeër gevra het dat die proses verleng word.